Loslippig

Loslippig

Description

As aanbieder van Loslip, weeksdae om 14:00 op RSG, kry Ian daagliks te doen met 'n menigte menings oor enige denkbare onderwerp. Hy skroom nie om duiwelsadvokaat te speel nie en luisteraars word gereeld uitgedaag of uitgelok - alles ter wille van interessante radio. Hulle opinies is so uiteenlopend soos die mensdom self. Sommige laat jou glimlag, party laat jou wonder en in reaksie op ander kan jy maar net jou kop vasgryp! Ian se eiesoortige humor is uniek op RSG en sy stout laggie het gou sy handelsmerk geword. Met sy onpretensieuse en reguit manier van doen, laat hy niemand koud nie - of jy nou saamstem of drasties verskil, kort voor lank is jy betrokke. Dit is hierdie gawe wat Ian ook na Loslippig bring. Sy skryfstyl is gemaklik en onderhoudend en daardie ondeunde humorsin breek gereeld deur. Hy gebruik 'n Loslip-onderwerp as aanknopingspunt vir elke hoofstuk, bekyk die luisteraars opinies uit 'n vars hoek en bespiegel dan verder daaroor. In sommige hoofstukke dien die Loslip-onderwerp bloot as inspirasie vir verwante vertellings uit Ian se eie ondervinding. Die leser kry ook 'n kykie agter die skerms in die radio-ateljee terwyl "Woordeliks" jou letterlik laat saamlees op die ateljee rekenaar. Ian laat mense maklik lag, maar hy lag ook geredelik vir homself, soos duidelik blyk uit "Die Tongduiwel" waar hy openhartig van sy eie mikrofoon glipse vertel. Nie net Loslip se luisteraars sal Loslippig geniet nie. Dis 'n kykie in die spieel van menswees waarin jy jouself sal herken. As jy 'n hart het, sal Loslippig dit nie koud laat nie.

Download Loslippig (9780986990717).pdf, available at khurramweb.com for free.

Details

Author(s)
Ian Wessels
Format
Paperback
Dimensions
137 x 213mm | 215g
Publication date
01 Nov 2010
Publisher
Naledi
Publication City/Country
Tygervalley, South Africa
Language
Afrikaans
ISBN10
098699071X
ISBN13
9780986990717